Wednesday 6 June 2012

Lugbesoedeling lei tot chroniese hartsiektes

2012-06-06 16:02

Kaapstad – Lugbesoedeling, wat ‘n ernstige gevaar vir die omgewing is, is ook ‘n groot risiko vir mense se gesondheid.

Dié gesondheidsrisiko’s word met  asemhalingsinfeksies, longkanker en hartsiektes geassosieer.

EurekAlert berig ‘n navorser in Tel Aviv, Israel, het vasgestel dat lugbesoedeling nie net tot hartaanvalle en beroertes kan lei nie, maar kan herhaalde episodes hiervan oor die langtermyn veroorsaak.

Dr. Yariv Gerber sê hartpasiënte wat in gebiede met hoë lugbesoedeling woon, is meer as 40% meer geneig om ‘n tweede hartaanval te kry as pasiënte wat in gebiede met lae lugbesoedeling woon.

Nuus24 artikel : http://afrikaans.news24.com/Sci-tech/Nuus/Lugbesoedeling-lei-tot-chroniese-hartsiektes-20120606